Egpaar bid vir hulself en rowers tydens plaasaanval

Hulle het nie net hardop gebid dat hul lewe gespaar moet word nie, maar ook dat hul aanvallers tot besinning sal kom.

Só het Peet van Vuuren (62) en sy vrou, Dorethea (60), ure lank op hulle knieë in hul plaashuis deurgebring gedurende ’n aanval Saterdag in die vroeë oggendure.

Die egpaar is in hul bed deur drie booswigte oorval wat die huis se voordeur oopgebreek het.

Dorethea is later met kabelbinders vasgebind terwyl twee van die aanvallers met Van Vuuren in ’n stoeigeveg betrokke was.

Daar is kommer oor Van Vuuren se toestand. Hy het ernstige beserings aan onder meer sy niere opgedoen in die aanval. Die Van Vuurens se plaas, Puntlyf, is sowat 30 km buite Bronkhorstspruit.

Volgens kol. Carel Cronje, stasiebevelvoerder van die Welbekend-polisiewyk, het die aanval omstreeks 01:30 plaasgevind.

Hy sê die aanvaller het die egpaar erg aangerand. Dorethea is later met kabelbinders vasgebind terwyl twee van die aanvallers met Van Vuuren in ’n stoeigeveg betrokke was.

Hulle het hom oorrompel en ook vasgebind.

Die aanvallers het geld geëis.

Die inwoners van twee huise wat omtrent teen die Van Vuurens se huis staan, het ook niks tydens die voorval gehoor nie.

Cronje sê die Van Vuurens het omstreeks 04:00 daarin geslaag om hulself te bevry.

“Toe ek om 05:00 op die toneel aankom, het hulle albei op die toneel rondgeloop en hulle was by hul positiewe. Mnr. Van Vuuren se oë was erg toegeswel.

“Hulle het geweier om per ambulans hospitaal toe geneem te word en het daarop aangedring dat hul familie hulle later self hospitaal toe sou vat.”

Hulle is later die dag in die waakeenheid van die Netcare Pretoria-Oos-hospitaal opgeneem. Albei se wangbene is ook beseer. Operasies sal waarskynlik eers later die week op hulle uitgevoer word.

Cronje sê dit bekommer die polisie dat daar ’n groot getal honde in en om die huis was, maar dat nie een van hulle geblaf het nie.

“Die inwoners van twee huise wat omtrent teen die Van Vuurens se huis staan, het ook niks tydens die voorval gehoor nie.”

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!