Egpaar op kleinhoewe aangeval in Muldersdrift aan die Wes-Rand

Die polisie is op soek na drie verdagtes in ’n saak van huisroof nadat ’n egpaar Woensdagnag op hul kleinhoewe in Muldersdrift aan die Wes-Rand aangeval is.

Ao. David Masedi, polisiewoordvoerder, sê die egpaar het wakker geword met drie mans wat langs hul bed staan. Die mans het aangedring dat hulle geld, vuurwapens en selfone oorhandig.

Die man is vasgebind en met ’n kombers bedek terwyl die verdagtes die huis deursoek het.

Die aanvallers het toe met ’n selfoon en R5 200 in kontant gevlug.

Die gemeenskap is gewaarsku om nie die mans te konfronteer nie omdat hulle as gevaarlik beskou word.

Geen verdere inligting beskikbaar op die stadium.


Enjoyed this post? Share it!