Egskeiding in die lug – SAKP versoek dat pres. Jacob Zuma die “immigrante familie” nou moet vaarwel toeroep

Die SAKP het by monde van Blade Nzimande die ANC versoek dat pres. Jacob Zuma die “immigrante familie” nou moet vaarwel toeroep anders gaan die SAKP alleen aan die 2019 verkiesing deelneem.

Intussen het die SAKP se eerste adjunk-sekretarisgeneraal, Solly Mapaila aangekondig dat hy reeds met regstappe begin het teen Zuma oor die kabinetskommeling waarin Pravin Gordhan afgedank is.

Valke betrek by seksuele teistering

‘n Oos-Kaapse nuusblad het die toorn van die waarnemende hoof van die Valke, Lt-Genl Yolisa Matakata, op die hals gehaal met ‘n berig waarin beweer word dat die Oos-Kaapse Valke hoof, Maj-Gen Nyameko Nonwanya, betrokke sou wees in ‘n seksuele teistering skandaal nadat twee senior personeel lede van die Valke hom beskuldig het van ontoelaatbare gedrag.

Nog ‘n skorsing in die lug

Die Direkteur Generaal van die Departement van Water en Sanitasie, Dan Mashitisho het kennis ontvang van moontlike skorsing en hy moet redes verskaf hoekom die skorsing nie gemaak moet word nie. Sy skorsing sal deel uitmaak van ‘n string skorsings en bedankings in die departement.

SAL forensiese verslag moet uit

Die adjunkminister van finansies, Sfiso Buthelezi, moet binne vyf dae die forensiese ondersoek oor SAL bekendmaak.

Dit volg na nog bewerings dat SAL R4,5 miljard se tenders hernu het sonder om die nodige prosedures te volg.

R2 miljard vir Zuma “fopnuus”

Die ANC het nuus dat hulle president, Jacob Zuma, R2 miljard en amnestie vir enige moontlike vervolging, as “fopnuus” afgemaak. Skynbaar sou dié skikking deur Ramaphosa-ondersteuners in die ANC aan Zuma gemaak gewees het, maar Zuma het dit van die hand gewys.

Bron: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!