Ekonomiese ellende op pad

Standard & Poor’s, die graderingsmaatskappy, het gewaarsku dat Suid Afrika se kredietgradering nog verder afgegradeer kan word as politieke onsekerheid ekonomiese groei in die land sou verhinder.

Intussen het die ekonoom, Dawie Roodt, daarop gewys dat ekonomie nie groei as gevolg van beleggings in die land nie. Groei vind plaas deur vervaardiging en produksie.

S & P waarsku Zuma dat sy afdanking van Pravin Gordhan potensiële groei in die land verswak het.

TLU SA het al voorheen daarop gewys dat die land eerder gemorsstatus behoort te kry in plaas van die goedklinkende rommelstatus. Met S & P se waarskuwing wil dit voorkom of daar dalk selfs rioolstatus kan bestaan.


Enjoyed this post? Share it!