Ekonomiese Souttert

Ekonomiese SouttertEkonomiese souttert

Oond 180 gr C.
Druk een groot pak chips fyner [geur van jou keuse] en gooi onder-in gesmeerde, diep tertbak, wat in oond kan gaan.
In aparte bak:
druk een blikkie beef fyner
en voeg 1 gekapte, klein, ui by
halwe k gerasperde kaas,
en 1 E droee pietersielie.
Skep op chips in oondbak.
Klits saam:
4 eiers
375 ml melk, sout en peper.
Gooi bo-oor beef- mengsel en bak vir 30-45 min tot gaar en uitgepof en bruin. Geniet saam met vars slaai van jou keuse.
Radio Namakwaland

Enjoyed this post? Share it!