Elke plaasmoord kos nou tot R5 miljoen

Elke plaasmoord kos nou tot R5 miljoen

plaasmoord_netwerk24-275x275

In 2010 is bereken dat ’n plaasmoord die land R1,9 miljoen kos en dié bedrag is nou aansienlik hoër.
In Maart 2010 het konserwatiewe berekeninge deur die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (SACCI) getoon dat die verlies van ’n boerdery weens plaasmoord die land sowat R1.9 miljoen gekos het. Die berekening van dié bedrag was eenvoudig en het nie faktore soos onder meer die produksievermoë van boerderye, werksekerheid en dieuitwerking op die plaaslike voedselbedryf in ag geneem nie.
In ’n mediaverklaring sê Vrystaat Landbou (VL) se bedryfsbestuurder, dr. Jack Armour, dié bedrag is nou aansienlik hoër. As net in ag geneem word dat landbougrond se waarde sedert 2010 met tussen 10% en 15 % per jaar toegeneem het, kan die verlies van ’n landbouer die ekonomie nou tussen R3 miljoen en R5 miljoen kos. As ander faktore bygereken word kan dié bedrag selfs nog styg, sê hy.
Geweld op plase raak nie net die betrokke boere en hul families, werknemers en hul families en diegene direk betrokke by die landbou nie, maar ook die ekonomie in die breë. Volgens VL se veiligheidslessenaar was daar reeds vanjaar 31 gevalle van geweld op plase in die Vrystaat aangemeld. Hiervan kan 20 as plaasaanvalle geklassifiseer word, en nege moorde is gepleeg.
Landbou nuus

Enjoyed this post? Share it!