En dit is nou die DA – DA hits ANC aan oor grondhervorming

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het aangekondig die grondwet gewysig moet word en ander wetgewing ontwikkel behoort te word sodat grond ontneem kan word sonder vergoeding.

Naïewe ontleders probeer die boeregemeenskap paai met die fiksie dat die ANC nie ‘n tweederde meerderheid het om die grondwet te verander nie. As dit oor grond gaan, sal hulle egter beslis kan reken op die steun van die EFF, PAC en dalk selfs van die IVP, terwyl die DA se posisie, veral in die lig van sy koalisie met die EFF in sleutel munisipaliteite, is onseker.

Nkwinti het die stelling gemaak tydens die debat oor die staasrede, en nadat die ANC gesê het dat hulle druk op die regering gaan uitoefen dat grondhervorming moet versnel.

Hierin is hulle in feite deur die DA ondersteun. Jacques Julius van dié party het die ANC daarvan beskuldig dat hy nie ’n enkele teiken wat hy vir homself ten opsigte van grond gestel het, bereik het nie. Hy het beweer dat slegs 8% van landbougrond teen 2016 aan swart Suid-Afrikaners oorgedra is, wat minder is as die 30%-teiken wat die ANC wou bereik het. Dit beteken dus dat die DA ten gunste is van die proses, ten spyte van die bewyse dat tot 95% van die projekte in mislukkings uitgedraai het en waar plase onproduktief geword het en voedselsekerheid verswak is.


Enjoyed this post? Share it!