Enorme weerstand teen e-tol

e-toll

Meer as 24 000 motoriste het in ‘n media-opname aangedui dat hulle nooit e-tolrekeninge sal betaal nie, selfs met die 60% afslag wat aangebied word.

Die minister van vervoer, Dipuo Peters, het ‘n ekstra tien werksdae toegelaat waarin motoriste kan gebruik maak van die 60% e-tolafslag. Die tydperk eindig op 17 Mei.

Daar was glo motoriste wat op die nippertjie nog probeer het om van die aanbod gebruik te maak, maar was net te laat vir die vensterperiode wat op 2 Mei verstryk het.

Volgens die Suid-Afrikaanse padagentskap (Sanral) was daar 37 000 navrae oor die 60% afslag, maar dit kon nie gedurende die laaste paar dae hanteer word nie.

Net meer as 2 000 respondente het in die opname aangedui dat hulle waarskynlik sou betaal indien hulle ‘n 60% afslag kry.

Die minister het dit intussen in die parlement duidelik gestel dat die e-tolstelsel ‘hier is om te bly’. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!