Ent jou hond nóú in – dolsiekte breek uit in Gauteng

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Dinsdag bevestig dat daar ’n uitbreking van hondsdolheid in Gauteng is nadat die siekte die afgelope maand by vyf diere gediagnoseer is.
Dit sluit in twee wilde jakkalse en ’n hond in Muldersdrift en twee jakkalse in Kromdraai en Lanseria.
Twee mense in Muldersdrift is blootgestel aan dié diere, maar volgens dr. Malcolm de Bude, hoof van veeartsenykundige dienste in die departement van landbou, bosbou, en visserye, sal hulle herstel. Hulle is betyds behandel.
’n Boer buite Muldersdrift het glo gesien dat ’n jakkals hondsdolheid het.
DIE SIEKTE IS BAIE GEVAARLIK EN DIT IS BAIE ONVERANTWOORDELIK TEENOOR ’N MENS SE KINDERS EN BURE AS EIENAARS NIE HUL DIERE INENT NIE.
’n Inentingsveldtog is reeds begin.
Prof. Lucille Blumberg, adjunkdirekteur van Nois, sê daar is nie gereeld gevalle van hondsdolheid in Gauteng nie. Die laaste uitbreking van die siekte in die provinsie was in 2010, toe een hond in Linden en 42 honde in die suide van Johannesburg besmet was. Een persoon het gesterf.
Wat moet eienaars doen?
Inentings
Dr. Kirsten Vrdoljak van die Greenside-dierehospitaal in Johannesburg raai mense aan om hul troeteldiere een keer per jaar te laat inent.
 Die koste vir normale inenting teen hondsdolheid wissel tussen R150 en R320, afhangend van waar jy woon.
 Die 5-in-1-inspuiting, wat vitamines en ander middels insluit, kos tussen R420 en R580.
Is jy blootgestel?
Dr. Malcolm de Budé, hoof van veeartsenykundige dienste in die departement van landbou, sê as ’n besmette dier jou:
* byt
 *krap of
 *naby die oog, neus of mond lek,
moet jy die wond behoorlik was en dan dadelik na ’n dokter of hospitaal toe gaan vir behandeling.
– Tarren-Lee Habelgaarn
Sy sê eienaars van diere is wetlik verplig om hul katte en honde in te ent. “Hulle moet in die eerste jaar hul troeteldiere inent en dan daarna moet dit elke drie jaar gedoen word.”
De Bude sê eienaars kan by die polisie aangekla word as hulle nie hul diere inent nie. “Die siekte is baie gevaarlik en dit is baie onverantwoordelik teenoor ’n mens se kinders en bure as eienaars nie hul diere inent nie.”
Hy sê as ’n besmet dier jou byt, krap of naby die oog, neus of mond lek, moet jy die wond behoorlik was en dan dadelik na ’n dokter of hospitaal toe gaan vir behandeling. “Ons het hospitale en veeartse van die uitbreking in kennis gestel. Daar is genoeg inentings beskikbaar.”
’n Ingeënte dier sal nie hondsdolheid kry nie, maar een wat nie ingeënt is nie, sal heelwaarskynlik besmet word en vrek
Bron Netwerk24

Enjoyed this post? Share it!