Eric Barnard Meubels ontrek hulle advertensies by Jacaranda 94.7 FM

Die direkteur en bestuurder van Eric Barnard meubels, Marius Barnard, het sy rug styf gemaak en sy advertensies by Jakaranda FM onttrek na politiese anti-blanke aanmerkings van die swart omroeper, Tumi Morake.

Barnard sê in ‘n verklaring dat Morake se opmerkings rassisties en polities is en dat hy hom nie kan assosieer met ‘n stasie wat eensydig is nie. R100 000 se maandelikse advertensiegeld is betrokke by die onttrekking en Eric Barnard meubileerders word wyd op sosiale media geloof en ondersteun vir die feit dat hy bereid is om standpunt in te neem en dade by sy woorde te sit.

Intussen het die oënskynlik liberale radiopersoonlikheid, Riaan van Heerden, uitgevaar teen luisteraars wat Morake aanvat oor haar apartheidsaanmerkings.

Intussen groei die boikot aksie teen Jakaranda FM as gevolg van die eensydige opmerkings en die feit dat daar nie teen die omroeper opgetree word nie.

Morake se mede-aanbieder, Martin Bester wat glo smaaklik aan haar gesprek deelgeneem het, se sangvertoning in Ellisras is ook gekanselleer Die Elephant Bull Sports Bar het sy optrede van 29 September gekanselleer, en vra op sy Facebook blad “Wees trots en share hierdie boodskap”.

‘n Grootskaalse boikotaksie op sosiale media teen Jacaranda FM is skynbaar besig om resultate op te lewer.


Enjoyed this post? Share it!