Eskom kort glo 9000 stoele teen ‘n bedrag van R100 miljoen – wat ‘n buitensporige aankope

Dit blyk asof Eskom se treurmare nie einde het nie.

Stoele ter waarde van R100 miljoen moet aangekoop word vir kantore en besoekers.

Die kragvoorsiener het aansoek gedoen by tesourie vir die goedkeuring van ‘n verdere R24 miljoen vir die aankoop van net oor die 9 000 stoele!

Nadat tesourie onraad vermoed het, is ‘n ondersoek gedoen wat getoon het dat slegs 500 ekstra stoele tans benodig word.

Hierdie R24 miljoen moet bygevoeg word by ‘n bestaande kontrak van R72 miljoen om stoele aan die entiteit te verskaf.

Intussen word die nuutste waarnemende hoof van Eskom, Sean Maritz, deur een van die vakbonde daarvan beskuldig dat hy ‘n vriend in diens geneem het teen R100 000 per maand sonder om hul vriendskap te verklaar. Eskom het gevra dat Maritz ‘n kans gegun moet word om homself te bewys.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!