Eskom ontken Zupta invloed

Mcebisi-Jonas

Eskom het berigte en bewerings ontken dat die berugte Guptafamilie enige invloed het of gehad het met raadsaanstellings.

Dit volg op nog ‘n beweerde inmenging van die Gupta’s. Hierdie keer van die kant van die vorige voorsitter van Eskom, Zola Tsotsi, wat beweer dat hy sy pos kwyt is omdat hy nie instruksies van die Gupta’s wou volg nie.

Die beweerde geval is rondom gasvoorsiening aan Eskom in die Wes-Kaap. Die familie wou die eksklusiewe reg tot die voorsiening daarvan bekom, maar dit is deur Tsotsi geweier aangesien Eskom reeds ander ondernemings geteken het. Intussen berig die Sondagmedia dat Mcebisi Jonas verlede Maandag deur die ANC-bestuur na Luthulihuis ontbied is om ‘n strategie daar te stel om die skade wat Jonas se bewerings gemaak het, te versag.-Vryburger

Enjoyed this post? Share it!