Eskom skuld meer as R270 miljard, maar jy as verbruiker moet geld opdok vir hulle bonusse !!

Gerugte doen die rondte dat die omstrede heraangestelde Eskom-baas, Brian Molefe, dalk tog ‘n paar miljoen rand in sy sak sal kan steek vir ‘n “prestasiebonus”.

Ander Eskom-base staan skynbaar ook in die tou vir prestasiebonusse omdat daar nie tans beurtkrag is nie. Dié doodnormale situasie, word nou skynbaar as ‘n prestasie gesien waarvoor groot bedrae betaal moet word, op koste van elektrisiteitsverbruikers.

Sedert daar met beurtkrag begin is in 2008, het grootkoppe in Eskom reeds R73 miljoen aan bonusse ontvang, en Eskom is onder hulle “bekwame bestuur” afgegradeer na rommelstatus.

Die kredietgraderingsagentskappe Moody’s, Fitch en S&P Global het Eskom se skuld tot rommelstatus afgegradeer weens hul afhanklikheid van die Suid-Afrikaanse regering.

Tans beloop Eskom se skuld meer as R270 miljard.


Enjoyed this post? Share it!