Eskom wil kragskuld self invorder

eskomEskom beoog om die invordering van munisipaliteite se agterstallige skuld vir elektrisiteit oor te neem.

Die agterstallige munisipale elektrisiteitsbetalings het aan die einde van Maart op sowat R6 miljard te staan gekom. Samesprekings oor afbetalingsreëlings sal met 42 munisipaliteite hieroor gevoer word, volgens ‘n Eskom-amptenaar.

Ingevolge ‘n nuwe langtermynstrategie het Eskom ook aangebied om die inkomste in te vorder wat die munisipaliteite uit elektrisiteit genereer. 

Eskom hou tans vergaderings in onder meer die Oranje Vrystaat en Wes-Transvaal oor die plan. ‘n Ooreenkoms is reeds met die Oos-Kaap gesluit en die verwagting is dat Eskom reeds voor die einde van die jaar sal begin om ‘n munisipaliteit in die provinsie se elektrisiteitsinkomste te hanteer. 

Bron: Vryburger

Enjoyed this post? Share it!