Faksiegevegte word gewelddadig

onluste

Faksiegevegte onder die ANC, korrupsie en swak dienslewering in die swart gebiede in Nylstroom en Naboomspruit, het die twee dorpe tot stilstand gebring.
Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, het gesê dat na die verkiesing moet die twee munispaliteite saamsmelt.
Volgens opposisielede sal dit ‘n groot fout wees en moet albei munisipale rade ontbind en onder adminstrasie geplaas word.
Daar is ‘n beroep op die Minister van Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings, Des van Rooyen, gedoen om die saak op te los.
Sedert die betogings in albei dorpe sowat ‘n maand gelede begin het, is verskeie huise van polisielede, munisipale raadslede en motors aan die brand gesteek. Somaliërs se winkels in die township buite Mookgophong is geplunder.
‘n Inwoner van die township is verlede Maandag doodgeskiet toe die polisie en private veiligheidsmaatskappye op ‘n groep oproerige mense losgebrand het.-Vryburger

Enjoyed this post? Share it!