Fanie Brink, onafhanklike landbou-ekonoom: “Regering het kapitalisme die rug toegekeer.”

Die regering ondersteun nie landbou nie en erken nie landbou se taak om voedselsekerheid te handhaaf nie. Hy hou nie rekening met realiteite soos klimaatsverandering, en verkies om eerder politieke besluite te neem wat selfs nadelig vir die landbou is.

Dit is die mening van mnr. Fanie Brink, onafhanklike landbou-ekonoom. Hy het gepraat by TLU SA se kongres in Pretoria.

Hy sê die grootste probleem met die ekonomie is dat die ANC regering sedert 1994 al hoe meer ‘n kommunisties-sosialistiese ideologie begin vorm het en kapitalisme die rug toegekeer het. Daarmee sal geen ekonomiese groei kan plaasvind nie, en daarom moet daar geen verwagting wees dat die ekonomiese toestand gaan verbeter nie.

Radikale ekonomiese transformasie kan net groter korrupsie tot gevolg hê en moet so gou moontlik verwerp word, sê mnr. Brink.

Landbou moet nie agter raak met tegnologie nie om by te bly met ekonomiese groei.

Mnr. Brink het daarop gewys dat verskaffing van voedselsekerheid is nie die produsente se verantwoordelikheid is nie, maar dit is die regering se verantwoordelikheid. “Hy probeer egter sy plig daaroor ontduik en dit die saak van die private sektor maak.” Die regering sal bereid moet wees om die winsgewendheidsvlakke van alle bedrywe te verbeter, maar ook dit word ook nie deur die regering verstaan nie. Die regering moet ‘n gunstige omgewing en klimaat skep vir ekonomiese groei.

Die regering se inmenging in die ekonomie rakende die beheer oor lone op arbeid, vasgestelde brandstofpryse en kragvoorsiening, is rampspoedig vir die ekonomie, sê mnr. Brink.

Foto: Mnr. Fanie Brink aan die woord by TLU SA se kongres

Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!