Fikile Mbalula onder skoot oor misdaad syfers

Die minister van polisie, Fikile Mbalula, het aangekondig dat die polisie misdaad in Suid-Afrika oor die volgende twaalf jaar met twee persent wil verminder.

Mabalula is tans onder skoot omdat hy hom omring met misdaad inligtingsmense en hulle direkte opdragte gee en hulle direk aan hom moet terug rapporteer.

Veiligheidskenners meen egter dat slegs twee persent vermindering oor ‘n tydperk van meer as ‘n dekade, weglaatbaar klein is, en neerkom op ‘n erkenning dat die polisie nie die vermoë of die wil het om misdaad te bekamp nie.

As die jaarlikse moordsyfer van 19 000 geneem word, en met 2% verminder word, beteken dit ‘n afname van slegs 380 moorde per jaar, wat steeds beteken 18 620 moorde per jaar. Dit beteken dat oor die volgende 12 jaar, daar steeds 223 440 mense vermoor sal word, waaronder sowat 708 boere sal tel.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!