Fikile Mbalula: Polisie is te lui om misdaad te bekamp – Sjoe en hy erken dit nog!!

Die minister van polisie, Fikile Mbalula, beskryf die polisie se pogings om misdaad te bekamp as “lui”.

Hy meld dat die polisie die landsburgers in die steek laat en dat hy dit gaan stop.

Hy noem ook dat die afdanking en vervolging van nasionale polisiekommissarisse ‘n negatiewe uitwerking het op misdaadvoorkoming.

Algemene misdaad het volgens die nuutste statistiek met 1,8% gedaal, alhoewel bepaalde ernstige misdade ‘n onaanvaarbare styging getoon het.

Wat kommerwekkend is, is dat die Wes-Kaap die moord sentrum van Suid-Afrika is . Sewe uit die 10 polisiestasies waar moorde aangemeld word is geleë in die Wes-Kaap.

Die sogenaamde Gauteng=provinsie is egter nou amptelik die misdaadmekka van die land.

2,1 miljoen ernstige misdade is in die 2016/17 boekjaar aangeteken. Dit beteken dat daar byna 5 800 ernstige misdade daagliks aangemeld word, en dit is bekend dat baie ernstige misdade nie eens meer aangemeld word nie weens die gebrek aan vertroue in die polisie.

“Misdaadstatistiek vir 2016/2017 toon aan dat die trio misdade (motorkapings, rooftogte by woonhuise en rooftogte by nie-woonhuise), die misdade wat die meeste deur die publiek gevrees word, vir die vyfde agtereenvolgende jaar gestyg het met ʼn gemiddeld van 51,1%. Dit bevestig dat die publiek rede het om te glo misdaad in Suid-Afrika neem toe en vertroue in die polisie begin verloor,” sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se leier en hoofwoordvoerder oor polisie.

Dr. Groenewald sê die minister van polisie, mnr. Mbalula praat baie en maak soms goeie voorstelle soos dat die polisie professioneel, gedissiplineerd en verantwoordbaar gehou moet word, maar dit moet nou in die praktyk deurgevoer word.

“Die misdaadsituasie in Suid-Afrika is te ernstig om net politieke retoriek te gebruik om die indruk te wek dat daar sterk teen misdaad opgetree sal word, dit moet daadwerklik gedoen word,” het dr. Groenewald gesê.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!