“Freedom”

Free democracyDie niks doen van elke jaar op 27 April is een van die lekkerte van die nuut verkrygde “freedom” vir sowat 50 miljoen wat deel van die “struggle” was.

Dit was in 1994 ’n vreedsame weggee aan ’n swart regering wat die mees omwikkelde staat in Afrika op ’n skinkbord gekry het.

Sogenaamde nuwe waardes in ’n “oop” politieke bestel, is in vooruitsig gestel, wat kort daarna as ’n klug ervaar is.

Het die verwagtinge van miljoene gerealiseer in die afgelope 2 dekades van kommunisties georiënteerde heerskappy?

Die groot eensgesindheid onder swartes van 1994 het intussen verbrokkel, en is daar groot druk uit die kieserskorps oor die wanbestuur van die regime.

Die “freedom” om te steel, te moor en soos die president, korrupsie te pleeg, is die ware vryheid waarvoor daar klaarblyklik in 1994 gesing is “dat iemand sy geweer moet bring”.

Die grootste bonus is waarskynlik die baie “jobs” wat “create” is terwyl die werkloosheid reeds verby die 27% gestyg het.

Die pensioen wat 14-jariges kry omdat hulle ma geword het, en die reg om blankes uit te moor wys op die groot “freedom” wat verwerf is.

Een moordenaar het dit rondborstig erken en gesê hy moor blankes, en sit dan tien jaar in ’n hotel waar hy elke dag drie borde kos kry sonder om ’n steek werk te doen.

Wapen-skandaal, Nkandla, Grondwet miskenning, honderde klagtes van korrupsie, onbevoegde staatsdepartemente, is maar enkele van die lang rits van lekkerte van die “freedom” in die Ruwe Suid-Afrika.

Bron: Vryburger

Enjoyed this post? Share it!