Fudge poeding

Fudge poeding

Fudge poeding
Bestanddele:
60 ml botter
250 ml suiker
4 eiers
250 ml bruismeel
10 tl vanieljegeursel
6 x 100 g-blokkies fudge
150 ml room

Verhit oond tot 180 °C.
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig.
Voeg eiers een vir een by en meng goed.
Voeg meel en vanieljegeursel by en meng tot gladde beslag. Krummel 4 x fudge in die beslag en gooi in ’n ronde tertpan van 25 cm.
Bak vir 20 – 25 minute.
Plaas res van fudge saam met die room in ’n pot en bring tot kookpunt. Roer aanhoudend tot glad.
Sit warm poeding voor met fudge-sous en roomys

Enjoyed this post? Share it!