Gaan dit help om Zuma te vervang?

Die ANC sal nie meer steun kry en verlore steun herwin deur die vervanging van Jacob Zuma as president nie.

Dit is die siening van die voormalige president, Thabo Mbeki in reaksie op die ANC se Sekretaris-generaal Mantashe se mening dat die nasionale uitvoerende komitee geblameer moet word vir die dalende steun vir die party.

Mbeki sê dit sal nie help om Zuma te vervang nie, want Zuma maak nie alleen die besluite nie, en die hele nasionale uitvoerende komitee moet geblameer word vir die in duie stort van die leierskorps.

Mbeki sê die hele nasionale uitvoerende komitee sal vervang moet word as veranderings gemaak moet word.

Vroeër het die “Mandela Stigting” in ’n uitspraak gesê Jacob Zuma het gefaal in die toets waaraan hy onderwerp is.

Intussen het ’n bekende volkekundige gesê die stryd om mag te bekom sal al hewiger word, en volke verskille sal ’n beduidende rol speel in die magstryd.


Enjoyed this post? Share it!