Gaan ou Bob nou nesskop in Suid-Afrika?

Sou Robbert Mugabe besluit om na SA te verhuis sal die regering hom van ‘n huis, sekuriteit en meer moet voorsien.

Volgens prof. Anthoni van Nieuwkerk van Wits se Sentrum van Verdediging en Sekuriteitsbestuur het dit voorheen gebeur en kan dit nou ook realiseer.

Haiti se afgesette president, Jean-Bertrand Aristide, is in 2004 in SA gehuisves teen ongeveer R5 miljoen per jaar en sy sewe jaar verblyf het Jan Publiek ongeveer R35 miljoen gekos.

Al wat die gebeure kan voorkom is Grace Mugabe se hangende saak van aanranding teen haar.


Enjoyed this post? Share it!