Gauteng kry nuwe ambulanse alhoewel staatshospitale in ellendige toestande verkeer

Die LUK vir Gesondheid, Gwen Ramokgopa, het aangekondig dat 862 ambulanse toegevoeg is by die vloot van ambulanse, wat die totaal in die provinsie op 1 268 te staan bring.

Dit is ‘n vergroting van bykans 67% van die vloot wat beteken dat die provinsie met slegs ongeveer 400 ambulanse gewerk het tot nou.

Daar is egter vrae rondom die beskikbaarheid van opgeleide bestuurders en mediese personeel vir die ambulanse, en daar word vermoed dat nie almal operasioneel gaan wees nie, en dalk selfs vir ander werk gebruik kan word as vir mediese noodgevalle.

Gesondheidskundiges is nie optimisties dat die ambulanse enige verligting gaan bring nie, in die lig van die ellendige toestand in die meeste staatshospitale.

Deur: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!