Gebakte aartappelrolle

Gebakte aartappel rolle

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaaktyd: 40-60 min. AARTAPPELS 6 groot aartappels, skoongeskrop sout WORS 6 varkworsies VIR VOORSIT 125 ml (½ k) suurroom 45 ml (3 e) gekapte grasuie of stingeluie Voorverhit die oond tot 190 °C. 1. Aartappels Prik die aartappels met ’n vurk en sprinkel sout oor. Pak op ’n bakplaat en bak 40-60 minute of tot die aartappels sag en gaar is. Halveer, maar moenie deursny nie. 2. Wors Braai die worsies in ’n pan tot gaar. 3. Vir voorsit Plaas ’n worsie in elke aartappel. Meng die suurroom en gekapte uie en skep bo-op. Deur Huisgenoot Digitaal op November 21, 201

Enjoyed this post? Share it!