Gebraaide piesangs met karamelsous

Bestanddele
6 piesangs
50 ml botter
65 ml sagte bruinsuiker
45 ml (3 e) goue stroop
45 ml (3 e) dik room
vanieljegeursel na smaak
vanieljeroomys na smaak

Aanwysings
Braai die piesangs oor die kole tot die skil verbruin.
Plaas die botter, suiker, stroop, room en geursel in ’n klein potjie en roer oor die kole tot die suiker gesmelt het.
Verwyder die piesangs se skille en sit in poedingbakkies.
Gooi ’n bietjie sous oor elk.
Sit voor met vanieljeroomys en drup nog sous oor.

Huisgenoot 20 Mei 2016


 

Enjoyed this post? Share it!