Geen regeringshulp vir boere

Geen regeringshulp vir boere

1962683_10152823196414892_754978724552274121_n

Cyril Xaba, die LUR vir Landbou in Natal sê die droogte wat tans in die provinsie heers, is die ergste ooit.

Te midde van die opmerking, het die Natalse Departement van Landbou slegs R114 miljoen beskikbaar gestel om boere in die drooggeteisterde provinsie by te staan.

Xaba sê die geld is aanvanklik vir ander projekte begroot, maar gaan nou beskikbaar gestel word om boere te help.

Ontleders wys daarop dat die geld hoofsaaklik bedoel is om sogenaamde “bestaansboere” te help, terwyl die voedsel produseerders geen hulp sal ontvang nie.

Die skema fokus slegs op veeboere wat as bestaansboere funksioneer, en is ook nie bedoel om hulle te vergoed vir al hulle verliese nie, maar om hulle aan die lewe te hou, is gesê.

Bestaansboere word gedefinieer as persone wat minder as 12 diere besit.

Die Departement wil glo meer as 60 boorgate sink oor die provinsie teen ’n koste van R19 miljoen en sowat 75 opgaardamme gaan beskikbaar gemaak word teen ’n koste van R26 miljoen.

Veevoer, watertenks en ander bystand sal ook aan die bestaansboere verskaf word, wat na raming sowat R60 miljoen sal beloop.

Kommersiële boere wat die voedsel produseerders van die land is, kry geen finansiële ondersteuning nie, en moet volgens ANC-woordvoerders begin om beter te boer.- Vryburger

 

Enjoyed this post? Share it!