Geen toeskouers by Varsitybeker

Kovsies-rugbygeveg-300x225

 

Die Varsitybeker-toernooi skop Maandagaand in Bloemfontein af.

Die organiseerders het egter aangekondig dat die wedstryde op neutrale velde gespeel sal word en dat daar nie toeskouers toegelaat sal word nie.

Hierdie maatreël volg nadat ‘n geveg tussen werkers en studente by die Vrystaatse Universiteit uitgebreek het. Werkers het die speelveld betree tydens ‘n wedstryd en amok gemaak.

Studente het die reg in eie hande geneem en die betogers van die veld “verwyder” – tot groot verontwaardiging van owerhede en gesagstrukture.-Vryburger

Enjoyed this post? Share it!