Geharde kommunis vereer

Joe-Slovo-300x168 (1)Geharde kommunis vereer

Vakbond-geweldenaar, kommunis en outeur van die Vryheidsmanifes, Joe Slovo, “… se idee’s leef voort in ons tyd.”, aldus die SAKP se Adjunk Sekretaris-Generaal.

Hierdie uitlatings is gemaak tydens ´n 6 Januarie herdenking van Slovo se sterfdatum.

Nieteenstaande volgehoue ontkenning en verdraaiing deur sy ondersteuners, besef min mense wat hierdie KGB-offisier vermag het in die geskiedenis van ons land en ons volk.

Hy was instrumenteel in die skep van geheime militante strukture, wat reeds in die vroeë vyftigerjare aan die radikalisering (saam met “helde” soos Mandela) van die ANC begin werk het.

As deel van die MK-driemanskap was hy een van die argitekte van ANC-terreur en aanvalle op burgerlike teikens.

Só dapper was hierdie anti-apartheids- “held” dat hy dekades lank buite SA gebly het.

Sekerlik sy grootste slag teen die Afrikaner was sy voorstel van ´n (destyds geheime) “sonsondergang”-klousule, waarvolgens die gewaande “regering van nasionale eenheid” slegs vir vyf jaar sou geld.

Die verswyging hiervan was die laaste doodsklok vir Afrikaner-vryheid en die volkstaatbeloftes van die Mandela-de Klerkkamp – daarmee is ons volk oorgegee aan ´n “demokratiese” getalle-tiranie.

Ontleders maan dat ons kennis behoort te neem van die onderliggende kommunistiese ideologie van die regerende ANC.

Nie net verduidelik dit die ekonomiese verval nie, maar die duistere strategië van rewolusie, teistering, valse blaam en uiteindelik volksmoord, alles volgens die Stalinistiese model wat rolspelers soos Slovo en Mandela gevorm het. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!