GELDHONGER BOSKNOLLE VOER ‘N FINANSIËLE SKRIKBEWIND OP ONS PAAIE – IS ONS “LOCAL GOVERNMENTS” BESIG OM “TRAFFIC CONTROL” HULLE MELKKOEI TE MAAK?

Ek kyk vandag met verbasing hoeveel “speed cops” (bosknolle) wegkruip agter snelweg-pilare. Jy is skaars by een verby ongeveer 4km so waar as waaragtig daar sit nog een en hulle vang alle motors wat in my rigting ry. In ‘n kwessie van 190 kilometer het ek 8 van die bosknolle gesien plus een padblokkade.

Met die nuwe boetes wat oppad is oefen hulle dat dit bars om ons te verdruk.

Tot op een plek gesien hierdie lui knol sit ewe onskuldig onder ‘n koelteboom binne in sy motor. Ek het nie eers geweet hy is een nie, dan ‘n kilometer verder weggesteek by ‘n padteken staan die kamera om niksvermoedende mense te klik. Dis darem agterbaks.

Ek kyk na die voorgestelde boete en puntelys wat vir ons almal om die hoek lê en wag soos die bosknolle om ons nog meer te verarm en te verdruk.

Hulle hoef omtrent nooit weer bekommerd te wees oor munisipale agterstallige biljoene nie. Die padgebruiker, dis ek en jy gaan dit sommer in ‘n oogwink vir hulle oplos.

Is daar enige plek waar ons daardie syfer van hulle SKOON WINSTE kan bekom?

Dit is pure nonsens. Ek wil nie eers begin raai wat hulle aan ons doen nie.
Hulle voer ‘n finansiële skrikbewind op ons paaie.

Deur: Letichia Roos/15 September


Enjoyed this post? Share it!