Gelukkig is ons Boere nie in ‘n resessie nie – Mag die ANC nou hulle grondgrypery aksie stop !!

Die Suid-Afrikaanse landboubedryf was nie aandadig aan die resessie waarin die land hom tans begeef nie, en TLU SA wil die hele landboubedryf en alle boere gelukwens met die prestasie om die landbousektor te laat groei met meer as 22%, terwyl dit met die res van die land sleg gaan.

Mnr. Louis Meintjes, president van TLU SA, sê hierdie is ‘n merkwaardige pluimpie vir die landboubedryf en wys op die deursettingsvermoë van boere om ten spyte van klimatologiese en politieke probleme, steeds een van twee sektore is wat groei terwyl die land in resessie verkeer.

“Hierdie inligting volg kort op die hakke van pres. Jacob Zuma se erkenning dat grondeisers nie in grond belangstel nie, maar dat die meerderheid grondeise op finansiële basis skik.

“Dalk het dit nou vir die regering tyd geword om te kyk wat hy kan doen om die land weer op pad na groei te bring, om die rommelstatus af te skud en wet en orde te herstel, in plaas daarvan om gedurig ‘n aanval op die boere en hulle grond te loods, terwyl dit duidelik is dat die sogenaamde grondhonger nie werklik bestaan nie maar eerder ‘n geldhonger is, terwyl die bestaande kommersiële boere feitlik die enigste is wat nog ekonomiese sukses behaal, bo en behalwe die feit dat hulle steeds kos op die tafel sit.

“Daarom word dit tyd dat die regering die boere uitlos en toelaat om te boer, sonder om politieke bedreigings voor hulle op te stapel,” sê mnr. Meintjes.


Enjoyed this post? Share it!