Gemeenskaplike Selfbeskikking Verhoed dat ‘n Gemeenskaplike Erfenis vir ’n Pot Lensiesop Verkoop Word

KOMAGGAS, Steinkopf, Concordia, Pella, Mier en Eksteenskuil. En Orania. Watter een pas nie?

Eintlik pas almal, want almal is selfstandige Noord-Kaapse gemeenskappe met ’n eie bewustheid en smag na selfbeskikking. Orania is dikwels in die nuus, omdat dit ‘n maklike teiken is vir enige hoernalis wat naam wil maak. Waar kom die ander vandaan? Hoekom word hulle nie genoem in die massa media nie? Omdat hulle nie die narratief pas nie, hul is bruin volk gemeenskappe wat selfbeskikking probeer bewerkstellig, nes Orania. Daar is wel honderde sulke gemeenskappe landwyd, meeste onder Zulu en Xhosa stamme, en Orania het al in die verlede van hulle bygestaan op hul pad na ontwikkeling van selfbeskikking.

Twee eeue gelede was daar bykans ondraaglike druk op Khoi-San-stamme in die land. Tussen oorlog, besetting van hul waterbronne en ’n vlaag pokke-epidemies, het hul, paar, tydelike, eie strukture nog minder geword. Die meeste moes as “werksvolk” by die Westerse ekonomie inskakel. Hierdie is iets wat oor die wêreld gebeur het waar landelike volk deur imperialisme en kapitalisme geforseer was om deel van die sisteem wat hul leefwyse vernietig het, te word. Selfs toe Columbus die roete na Amerika ontdek het en Van Riebeeck ‘n nedersetting in Die Kaap gestig het, was dit juis die duisende landelikes vanaf Europa wat van hul land, leefwyse, geloof, tradisie, ens. ontneem is, wat die vinnige groei in die nuwe kolonies aangehits het.

Inderdaad, al het die Phoenisieers al 2,000 jaar terug ‘n nedersetting naby Saldanha gevestig en koring geplant, was daar geen druk vanuit hul land van herkoms (Syria) en het die nedersetting verdwyn.

Tog het sendelinge hier en daar probeer om die Khoi en San gemeenskappe aan die lewe te hou en het byna die rol van tradisionele leiers vervul. Hulle het die koloniale stelsel geken en kon doeltreffende reëlings rondom grondbesit en verhoudings met die owerhede tref.
UK-Flag_map_of_South_Africa

Dié gemeenskappe het oor jare heen bewondering afgedwing deur sterk interne strukture te handhaaf en ekonomies selfversorgend te wees. Nie as “eilande” nie, maar as gerespekteerde gemeenskappe.

Dié gemeenskappe was nie vry van teenslae nie. Kollektivisme (kommunisme) wat deur kapitalisme aangedreuf word, het hard probeer om hul afhanklik te maak van die staat, en hul bronne ens. van hul probeer verwyder. Sou delfstowwe op hul grond ontdek word, kon hulle seker wees om grond te verloor. Koloniste het druk op die regering uitgeoefen om van hierdie grond vir  besetting oop te stel. Maar of die grond gekrimp het, in trust by die “minister van naturellesake” geplaas is, of wat ook al, die gemeenskappe het oor dekades en selfs eeue heen hul lewenskrag behou.

Toe die Raad van Verteenwoordigers ingevolge die driekamer-regering se Grondwet van 1984 ingestel is, volgens die Apartheids filosofie van selfbeskikking vir elke volk, het wet nommer 9 die struktuur vir hierdie gemeenskappe permanent gevestig. Grond het aan die gemeenskappe behoort en plaaslike regering is deur gemeenskapsrade behartig.

Daar is lande gemaak, groente gegroei, graan gemaal, water voorsien, riool verwerk en alles wat gemeenskappe kan doen. Elk van die 22 gemeenskappe in die ou Kaapprovinsie en die Vrystaat het oor betreklik groot gemeenskaplike grond beskik, wat volgens onderlinge reëling vir ekonomiese aktiwiteit beskikbaar gestel is. Presies die tipe vooruitstrewenheid wat die koloniale filosofie van “kollektivisme deur kapitalisme” probeer afbreek het. Nog ‘n rede waarom die geldmag apartheid moes beduiwel. Ironies.

Dit is die buitemeent genoem. Die grond is ook gemeenskapsbesit, maar met permanente en vererfbare toedelings waar gemeenskapslede huise kon bou en hul kultuur. erfenis en leefwyse na hulle kinders en kleinkinders kon aangee.

usurer1

“Demokrate”, liberale, kapitalistiese en kommunistiese (kollektivisme) denkers verstaan baie min van werklike gemeenskaplike grondbesit (nie staatsbesit nie), en is wel gebreinspoel dat so iets gelyk aan apartheid is wat die massa media en groter wêreld onwetend verafsku.

Vir ’n kwesbare gemeenskap wat die globalisme teenstaan bied dit gemoedsrus. Daar sal altyd een wees wat sy deel van die gemeenskaplike erfenis vir ’n pot lensiesop sal verruil. Al is dit blote skynheiligheid, pure sug, haat of selfsugtigheid, as die grond nie syne is nie, kan hy dit nie verkoop nie. Dus kan die gemeenskap nie van binne af verraai word nie

Ná 1994 het hierdie gebiede in die kommunistiese ANC-regering se visier gekom. Die sogenaamde Transformation of Certain Rural Areas Act van 1998 (TRANCRAA) se aanspraak is dat dit grond aan die gemeenskappe “teruggee”, maar in werklikheid sit dit nog meer grond in Staatsbesit. Volgens die kamma “demokrasie” kom Gemeenskappe glo kies of hul grond in die nuwe, vergrote munisipaliteite moes opgaan, of hulle ’n gemeenskapseiendomsvereniging (sogenaamde CPA) sou verkies, of dalk ’n derde opsie wat hulle self kon voorstel. Natuurlik was die struktuur vooraf fyn beplan (kommuniste het dekades se ondervinding in Afrika oor hoe om gemeenskape te onteien) om soveel as moontlik in die besit en onder die gesag van die staat te kry.

Die meeste gebiede het vir CPA’s gestem, maar mettertyd het hul die kul besef dat die uitkoms dieselfde sou wees: Net die buitemeent sou aan die CPA behoort, terwyl die binnemeent buitendien munisipale gebied gemaak is. Selfs die gemeenskap se kapitaaltoerusting is na munisipale store verwyder. Intussen, soos oral die wêreld oor waar so iets gedoen word, het verval in eens florerende gemeenskappe ingetree, en natuurlik was die staat kamma daar om te “help” en mense in die kollektiewe stelsel in te suig..

Weerstand het teen die nuwe bedeling opgebou. Die departement van landelike ontwikkeling moes aanvaar die situasie is nog lank nie besleg nie, waarop ’n nasionale taakspan met verteenwoordigers uit elke gemeenskap saamgestel is. Vordering vind teen ’n bedroewende tempo plaas.

Map_of_diekaap

Dit is waar die blokkie wat lyk of dit nie pas nie, bykom. Die Stigting vir die Bevordering van die Regte van Minderhede (of Stigting vir Minderhede) is deur Clifton van Rheenen van Komaggas genader.

Dié stigting het besef dat Orania, as voorbeeld, merkwaardige selfstandigheid opgebou het, (danksy die toepassing deur hofsake van konstitusionele klousule 235 en ander), al het die munisipale afbakeningsraad gedink hy sluit Orania by die naasliggende Tembelihle in. Verder beskou dr. Pieter Mulder, VF+-leier, die selfstandigheid van gemeenskappe as só belangrik, dat hy nie vra vir wie hulle stem nie. Hy bied bloot hulp aan, want ’n gemeenskap wat sy eie ding wil doen, het ’n vriend in die parlement nodig.

Dit is die storie van ’n geslaagde bosberaad wat deur druk op die Stigting vir Minderhede op 4 en 5 November by Springbok gehou is. Drie verteenwoordigers elk van Komaggas, Concordia, Steinkopf, Pella, Mier, Eksteenskuil en Orania het om ’n groot tafel gesit en ervarings uitgeruil.

Mulder het afgevaardigdes herinner dat selfbeskikking nie ’n lig is wat aan of af is nie; dit is ’n lig wat stelselmatig helderder kan word soos ’n gemeenskap meer bevoegdhede op sy skouers neem.

Dit was een beraad, maar wie weet wat kan gebeur as gemeenskappe op die grondslag van selfbeskikking saam ’n nuwe toekoms bou? Dit is wel ‘n voorbeeld van Direkte Demokrasie, nie die kul van “Kommunistiese Demokrasie” nie wat gemeenskappe en hele lande wêreld oor vernietig. hedendaagse. Kan liberale so ‘n simpel konsep besef, of is daar altyd diê wat hul toekoms en sekuriteit liewers aan ‘n groter gesag wil vertroue sodat hulle ‘n lekker lewe kan hê, al is die prys die uitverkoop van die toekoms van jou familie, erfenis en volk?

  • Gesprekke op die beraad was oor selfbeskikking (met. dr. Mulder as spreker); intensiewe landbou en sonkrag as ekonomiese grondslag (met Danie Coetzee), en Orania se instellings vir onafhanklikheid (met Carel Boshoff). Dr. Wynand Boshoff is voorsitter van die Stigting vir die Bevordering van die Regte van Minderhede. Hy is ook Noord-Kaapse VF+-leier en woon die afgelope 22 jaar in Orania.

Die lig van selfbeskikking skyn helder ná ’n geslaagde beraad van die Stigting van Minderhede vir die gemeenskappe van Orania, Komaggas, Steinkopf, Concordia, Pella, Mier en Eksteenkuil, skryf Wynand Boshoff.

“Daar is altyd een wat sy deel van die gemeenskaplike erfenis vir ’n pot lensiesop sal verruil.”

wynandboshoff

Dr. Wynand Boshoff


Lees ook: Suid-Afrika onder Blanke Beheer was ‘n Reus wat nou gesneuwel het onder Kommunistiese Beheer


 

Enjoyed this post? Share it!