Gemmerskons

gemmer skons

Gemmerskons

’n Nuwe weergawe van die teetydgunsteling.

Lewer 8 skons
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 30 min.

200 g fyn amandels
500 ml (2 k) meel
30 ml (2 e) strooisuiker
2,5 ml (½ t) koeksoda
10 ml (2 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
125 g harde botter, gerasper
1 eier
250 ml (1 k) karringmelk
2,5 ml (½ t) vanielje-ekstrak
15 ml (1 e) gemmerpiekels, gekap
60 g amandelvlokkies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

Klits die fyn amandels, meel, suiker, koeksoda, bakpoeier en sout saam in ’n groot bak. Meng die gerasperde botter met ’n vurk in.
Klop die eier, karringmelk, vanielje-ekstrak en gemmer in ’n aparte bak saam. Voeg by die droë bestanddele en meng liggies met ’n vurk. Sodra dit soos ’n ruwe deeg lyk, keer uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Knie 5 min. of tot die deeg in ’n bal bymekaarkom. Plaas op ’n voorbereide bakplaat.
Maak die deeg in ’n sirkel plat en sny in 8 driehoeke terwyl jy die sirkel heel los. Bestrooi met die amandelvlokkies en bak 30 min. of tot goudbruin. Sit warm of koud voor met konfyt.
Deur Huisgenoot Digitaal op Maart 2, 2015

Enjoyed this post? Share it!