Gerugte dat groen ID boekie nie meer geldig gaan wees nie is vals

Die Departement van Binnelandse Sake het gerugte verwerp dat die groen ID-boekie nie langer geldig gaan wees nie.

Dit volg na vals berigte gister die rondte gedoen het dat die groen boekies teen einde Maart 2018 nie meer ‘n geldige bewys van identiteit sal wees nie.

Die departement sê die ID-boekies sal steeds gebruik word totdat die regstreekste vaslegging-stelsel by alle kantore van binnelandse sake beskikbaar is.

Daar kon nie gesê word wanneer die nuwe stelsel in plek sal wees nie maar SA burgers kan reeds by 180 kantore van Binnelandse Sake aansoek doen vir die “smart ID” kaart.

Persone ouer as 60 jaar betaal nie vir die nuwe kaart nie. Aansoekers kan ook by ENB, Standard Bank, Nedbank en Absa aansoek doen vir die kaart.


Enjoyed this post? Share it!