Gesinne haweloos na SANW inwoners van Marievale-militêre basis dwing om hul huise te ontruim

Ten spyte van die interdik wat gister in die hooggeregshof van Johannesburg verkry is, word inwoners van die Marievale-militêre basis na bewering steeds uit hul huise uitgesit.

Verskeie inwoners van Marievale beweer  dat hulle deur weermagoffisiere aangerand is en gesê is om hul huise te ontruim. Die SAUK kan egter nie aantygings van uitsetting of aanranding bevestig nie.

Daar word ook geglo dat SAPD verbied word om tussenbeide te tree. Dit blyk dat inmenging op nasionale vlak nodig is om weermag beamptes te keer om inwoners van hul huise by die Marievale Militêre Base onwettig uit te sit.

Sommige families, wat al jare lank by die Marievale-weermagbasis in Dunnottar gewoon het, moes gedwing word om te gaan pak nadat militêre amptenare op 28 November by die militêre basis in Marievale ingestroom het.

Ongeveer 600 burgerlikes beset die militêre basis, wat destyds ‘n myndorp was.  Inwoners soos Willie Koekemoer woon al sedert die 1970’s daar.

FB_IMG_1512113604921

Beskuldigings van intimidasie en brutale aanranding spuit al uit van 2015.  Weermag beamptes  het eers loopgrawe gegrou by verskeie  uitgangspunte  om toegang tot en van die weermagbasis te voorkom. Intussen is inwoners aangesê om hul huise te ontruim wat wat nie dokumente kon verskaf wat hul die reg gee om daar te woon nie.

Ten tye van die SAUK se besoek aan Marievale-weermagbasis net voor donker,  het talle blankes met hulle karige besittings hulpeloos en moeg langs die pad gesit in die gietende reën.    Klein kindertjies het rondgehardloop in en in die modder gespeel.

Tydens ‘n radio-onderhoud op Power FM vanoggend het Siphiwe Dhlamini, woordvoerder van die SANW, gesê die fasiliteit word onwettig bewoon en dat SANW nie ‘n hofbevel nodig het om onwettige inwoners uit te sit nie. Hy het bygevoeg dat SANW die fasiliteit benodig om behuising aan sy lede te bied.

FB_IMG_1512113615697

Tydens vorige onderhandelinge met die bevelhebbers van Marievale-weermagbasis  is daar voorgestel  dat SANW alternatiewe akkommodasie vir die gemeenskap moet  reël. Hierdie voorstel het egter natuurlik op dowe ore geval. In ‘n poging om die uitsettings te stop, het mnr. Willie Koekemoer, voorsitter van Marievale-inwoners, komitee daarin geslaag om R15000 in te samel om ‘n hofinterdik deur die Gautengse hooggeregshof te bekom.

Sekretaris van Verdediging en Militêre Veterane, dr. Sam Makhudu Gulube, het gister alle bewerings ontken van uitsettings  en gesê die opdrag van SANW was dat die eenhede van die ingenieurs ‘n militêre waarskuwing by die militêre basis moet handhaaf en padblokkades tot 15 Desember moet uitvoer as ‘n aanloop van onwettige immigrante word verwag.

2                           FB_IMG_1512113595650

 

Beeld Materiaal: Magda Maritz/Heraut Koerant

Geskryf deur: Elizaan De Koker


 

Enjoyed this post? Share it!