Geskorste Eskom base Koko en Govender terug in tuig

Geskorste Eskom base, Matshela Koko en Prish Govender, is terug by Eskom nadat hul onskuldig bevind is aan korrupsie tydens dissiplinêre verhore.

Koko se verhoor het gegaan oor sy nie-verklaring van konflik van belange. Sy stiefdogter, Koketso Choma, het sowat R1 miljard gebaat as direkteur van Impulse International deur kontrakte wat deur Eskom toegeken is.

Govender was geïmpliseer by gelde wat betaal is aan McKinsey, ‘n kontrak wat later ongeldig verklaar is.

Die verhoor van Koko is openlik gekritiseer en word gesien as ‘n skynverhoor. Hy sal nou as hoof van Opwekkingsdienste optree en Govender keer terug as waarnemende hoof van Groepskapitaal.

Ontleders merk op dat die twee dalk genoeg kapitaal kan opwek om Eskom se agterstallige rekeninge te betaal.

Foto: Matshela Koko


Enjoyed this post? Share it!