Gestopte koeskoeshoender

Gestopte koeskoeshoender

Gestopte koeskoes hoender

So maklik, maar so spesiaal jy kan dit vir jou gaste voorsit.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: sowat 75 minute
HOENDER
1 groot heel hoender
sout en vars gemaalde swartpeper
ekstra olyfolie
VULSEL
500 ml (2 k) gaar koeskoes
45 ml (3 e) olyfolie
60 ml (¼ k) rosyntjies
60 ml (¼ k) kasjoeneute, gerooster en grof gekap
60 ml (¼ k) vars koljanderblare, gekap
5 ml (1 t) fyn komyn
sout en vars gemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 230 °C.
1. Geur die hoender met sout en peper en smeer met die olyfolie.
2. VULSEL Meng al die bestanddele vir die vulsel; geur met sout en vars gemaalde peper. Stop die buikholte van die hoender stewig met die vulsel; bind die hoender vas met tou.
3. Rooster 15 minute, verlaag die hitte tot 160 °C en oondbraai nog 45-60 minute of tot die hoender gaar en sappig is. Sit voor saam met slaai.
Deur Huisgenoot Digitaal op Desember 10, 2

Enjoyed this post? Share it!