Gevangenesse van Barberton wil gewig verloor – is op eetstaking

Barberton se tronk inwoners is op ‘n eetstaking. Verskeie van hulle dien vonnisse van lewenslange tronkstraf uit.

Hulle eis dat die minister van korrektiewe dienste aandag moet gee aan paroolvoorwaardes.

Onlangse statistiek het egter getoon dat iemand wat parool ontvang binne maande weer terug is in die tronk.

Intussen is nog ‘n beampte van Korrektiewe Dienste in hegtenis geneem in Kroonstad vir die besit van dwelms en ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Vroeër is ‘n lid in die Theunissen gebied saam met sy vrou vir veediefstal in hegtenis geneem.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!