Gevulde lamsnek

Gevulde Lamsnek
deur Barbara Joubert
(6 porsies)
13 stukke gesnyde lamsnek
8 snye bruinbrood
100 g botter
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
200 g fetakaas, gekrummel
50 g pekanneute, fyngekap
10 vars basiliekruidblare, fyngekap
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
sap van 1 suurlemoen
10 ml droë gemengde kruie
sowat 8 – 10 heel vars Basiliekruidblare
Verhit jou oond tot 180 °C. Breek die bruinbrood in stukke en krummel dit in jou voedselverwerker. Smelt die botter in ’n kastrol en braai die gekapte ui en knoffel tot sag en deurskynend – nie bruin nie. Voeg die gekrummelde fetakaas, pekanneute en gekapte vars basiliekruidblare by. Meng goed en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas ’n groot stuk tinfoelie in ’n oondbak. Plaas een sny lamsnek in die bak en dan van die vulsel. Hou so aan tot al die snye lamsnek en vulsel gebruik is. Geur die lamsnek met suurlemoensap, gemengde kruie, sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas die heel basiliekruidblare bo-op en maak stewig met die tinfoelie toe. Rooster in die oond vir 2 uur. Maak die tinfoelie oop en rooster verder vir so 20 minute tot lekker bruin bo-op. Sit warm voor saam met gestoomde broccoli en aartappels met gesmelte botter.
Darie 20 Januarie 2009

Enjoyed this post? Share it!