Gimnasium gebruikers word gebrandmerk as rassiste omdat hulle geweld afsé

Nog ‘n voorval, wat sterk herinner aan die Spur-insident, het verlede Woensdagaand in Nelspruit plaasgevind.

Volgens ooggetuies was ‘n aantal kinders aan die speel in die rekenaargedeelte van die gimnasium, waar ouers hulle kinders laat terwyl hulle oefen.
‘n Blanke se seun se ma het opgedaag om hom te haal en tref die kind huilend aan. Volgens hom het ‘n swart seun hom geslaan. Terwyl die kind se ma nog probeer uitvind wie die swart seun ter sprake is, daag dié se pa (wat self in die gimnasium oefen) op en konfronteer die blanke ma wat na sy seun soek.
‘n Argument het ontstaan wat spoedig so heftig geraak het, dat ander gimnasiumgebruikers nader staan. Uit die bloute klap die swart man toe die blanke vrou deur haar gesig. ‘n Ander swart man wat teenwoordig was het blykbaar tussenbeide getree en die man aangemaan dat hy nie sy hand teen ‘n vrou behoort te lig nie.
Hierna het die swart man in ‘n tirade losgebars en die gimnasiumgebruikers van rassisme beskuldig omdat hulle sy gewelddadige optrede teenoor die blanke vrou met afsku veroordeel het.
Me Les Aupiais, die Hoof van Strategiese Kommunikasie vir Virgin Active Suid-Afrika het die voorval bevestig en genoem dat beide die swart man en die blanke vrou belet is om verder van Virgin Active se dienste gebruik te maak tot tyd en wyl ‘n ondersoek afgehandel is.
Die polisie in Nelspruit bevestig dat geen kriminele saak by hulle gerapporteer is nie.


 

Enjoyed this post? Share it!