Gordhan vs Guptas

Pravin-Gordhan-12-300x207Ten spyte van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK), se steun aan Staatspresident Jacob Zuma, het Pravin Gordhan gesê dat ‘n enkele gesin toegelaat word om die lot van 55 miljoen Suid-Afrikaners te bepaal.

Intussen het Mcebisi Jonas die ondersteuning gekry van die grootkoppe van die ANC teen die Guptas.

Gwede Mantashe het gewaarsku dat geen familie toegelaat sal word om politieke invloed uit te oefen oor die ANC nie.

Aan die een kant word hulle hoofman, wie se verhouding met die Guptas tot die gemors gelei het, beskerm en aan die ander kant word die familie gewaarsku.

Die deler is net so skuldig soos die steler, maar klaarblyklik werk dit nie so in Afrika nie.-Vryburger

Enjoyed this post? Share it!