Goud is wat SA apart stel en red, maar ook ‘n teiken vir ander lande, geldgieriges, korrupsie en boewe maak.

Dit lyk dalk soms of dit regtig sleg gaan hier, maar Suid-Afrika het darem ’n stewige stapel goud in die bank wat die ANC, Sosialiste en swartes na willekeur kan spandeer en bemors. Die Koningin van Brittanje het self haar lippe lekker gelek terwyl sy onlangs tussen al die Goud geloop het wat Brittanje  onwettig deur oorlog en moord bekom het.

Na die besoek het die Koningin by die gebou uitgeloop na ‘n groot skare mense wat buite wag. Van haar besoek, het sy net gesê: “Baie interessant, is dit nie?”. Nie ‘n woord van al die slagoffers wat Brittanje vir daai goud vermoor het nie.

Onder die Bank van Engeland in Londen lê 4,600 ton goud. Die Bank van Engeland se kosbare metaal reserwes, met ‘n waarde van ongeveer £197.000.000.000 ($ 315bn), volgens die mees onlangse gepubliseerde syfers, maar word selde gesien deur gewone mense.

Nogal insiggewend dan dat SA nie sy eie goud in sy eie land stoor nie? Volgens Nhlanhla Nene, minister van finansies, se antwoord op ’n parlementêre vraag het Suid-Afrika op 31 Mei vanjaar goudreserwes ter waarde van $4,8 miljard (net onder R60 miljard) gehad. Die meeste hiervan word op verskeie plekke in die buiteland geberg, en hy was baie vaag oor presies waar. Laas week byvoorbeeld het SA 13 Ton Goud aan Iran afgelewer  nadat VSA (teen Israel se wil) dit “toegelaat” het as “eenmalige sanksie verligting”. Wonder waarheen is die inkomste van dié 13 Ton se goud heen? Beslis nie aan Suid Afrikaanse burgers nie…  …dit kan sekerlik eensklaps die hele Eskom skuld afbetaal.

Alan McLoughlin, DA-LP, het Nene oor Suid-Afrika se goudreserwes uitgevra. Nene het geantwoord dat die algehele waarde van Suid-Afrika se goudreserwes $4,8 miljard is, ongeveer vier miljoen fyn ons.

“Die Suid-Afrikaanse Reserwebank hou ’n groot persentasie van Suid-Afrika se goudreserwes in kluise in amptelike instellings in buitelandse goudstaafsentrums, terwyl ’n kleiner hoeveelheid plaaslik gehou word,” lui Nene se antwoord. “Dit is prakties om goud in buitelandse goudstaafsentrums te stoor ingeval die behoefte sou ontstaan om goudtransaksies te doen. Die presiese persentasie word nie openbaar gemaak nie.”

Plaaslik word goud by die Rand Refinery Proprietary Limited (Rand Refinery), die Suid-Afrikaanse Munt en verskeie takke van die Reserwebank geberg. Volgens Nene het daar nog nooit van Suid-Afrika se goud weggeraak nie.

nelson2

Enjoyed this post? Share it!