Grace Mugabe op soek – SA Polisie op hoë gereedheid indien sy land sou verlaat

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens monitor Grace Mugabe, vrou van die Zimbabwiese president Robert Mugabe, wat daarvan beskuldig word dat sy twee jong vroue in Johannesburg aangerand het, om seker te maak dat sy nie die land verlaat nie, het polisieminister Fikile Mbalula Donderdag gesê.

Hy het gesê daar is “geen manier” wat pres. Mugabe se vrou Suid-Afrika sal kan verlaat voordat die saak nie opgelos is nie.

“Ons gee aandag aan die saak en ons het gesprekke met almal wat betrokke is in die saak van die verdagte [Grace Mugabe] wat veronderstel was om in die hof te verskyn, maar dit nie gedoen het nie. In hierdie betrokke voorval het ons reeds inligting aan die grens deurgegee indien sy die land sou verlaat,” het Mbalula aan verslaggewers in Pretoria gesê.

“Sy is nie iemand wat weghardloop van dit wat sy gesê het nie. Sy het haar eie weergawe van die gebeure gegee. Die
ondersoekbeamptes wat die saak het moet nou met haar in gesprek tree.”

Mbalula het gesê die saak van verskil van enigiemand anders, omdat sy reeds diplomatieke immuniteit bepleit het.

“As dit iemand anders was, dan sou ons lankal iets gedoen het,” het hy verduidelik. Hy het die polisie geloof dat hulle in beheer is van die saak sedert die aanrandingsbewerings aan die lig gekom het.

“My werk as minister is om seker te maak dat ons burgers beskerm word, sonder guns of voordeel, en ek moet seker maak dit is wat die polisie doen. Maar net so kan ek nie toelaat dat hulle ʼn gemors maak van iets nie. Enigiemand wat na Suid-Afrika kom moet weet ons is ʼn grondwetlike staat. Iets sal nie net gelos word nie.”

Hy het gesê die kwessie oor haar diplomatieke immuniteit word tans ondersoek voordat die polisie kan reageer.

Die 28-jarige model Gabriella Engels het Grace Mugabe daarvan beskuldig dat sy haar aangerand het toe sy Mugabe se seun in ʼn kamer in ʼn luukse hotel in Johannesburg besoek het. Die vrou voer aan Mugabe se lyfwagte het gestaan en toekyk toe sy aangerand is.

Sy het verskeie foto’s op sosiale media gepubliseer van haar beweerde beserings.


Enjoyed this post? Share it!