Gratis Hoër Onderwys – Zuma se R12 miljard flater

Ten spyte van advies daarteen het Jacob Zuma aangekondig dat hoër onderwys vanaf 2018 gratis sal geskied aan “arm” studente.

Die minister van finansies, Malusi Gigaba, het glo gepleit by Zuma om te wag tot die begroting in Februarie 2018 voor daar enige besluit en aankondiging gemaak moet word. Gigaba is heel onkant gevang deur Zuma se aankondiging.

Dit blyk dat Zuma nie die tesourie geraadpleeg het oor hoe die geld gegenereer sal word nie.

Die akademiese jaar is verby en universiteite en die Nasionale Studente Hulpskema sit in die penarie dat hulle nie tyd het om die plan in werking te stel nie.

Soos in al sy besluite word daar nie aandag gegee aan die hoe en wat rondom die uitvoering daarvan nie. Dit was skynbaar ‘n desperate poging om Nkosazana Dlamini-Zuma te bevoordeel met die ANC se leierskonferensie.

Intussen het sy eks, Nkosazana Dlamimi-Zuma, gevra dat Suid Afrikaners staatskaping moet “vergewe” soos wat hul apartheid vergewe het.

Waarnemers sê sy ly blykbaar aan geheueverlies aangesien apartheid na meer as twee dekades nog steeds die skuld kry vir al die foute, bedrog en diefstal wat deur die regerende party gepleeg word.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!