Gratis studies is onbekostigbaar

BladeGratis universiteitsopleiding kan nie in Suid-Afrika toegepas word nie, want die werklikheid is dat die land dit nie kan bekostig nie.
 
Die Minister van Onderwys en opleiding, Blade Nzimande het in ’n helder oomblik die wysheid kwytgeraak.
 
Hy het die inligting gegee tydens ’n media inligtings geleentheid kort voor sy begrotingsrede in die parlement gelewer moes word.
 
Hy sê die goewerment het groot bydraes gemaak in terme van finansiering by universiteite en sal daarmee voortgaan, ook om arm studente by te staan, maar kan nie ’n stelsel inbring waar alle studente gratis onderrig ontvang nie.
 
Die land waarin ons woon, kan nie gratis universiteitsopleiding bekostig nie, het hy gesê
Bron: Vryburger

Enjoyed this post? Share it!