Groei onder die ANC is ‘n mite – korrupsie, bedrog en manipulasie van politici is daaglikse gebeure

Die Internasionale Monetêre Fonds het gewaarsku dat SA se ekonomie al hoe meer kwesbaar raak en indien ekonomiese groei nie sou plaasvind nie, die situasie sal vererger.

Groei in die ekonomie word op 1% vir 2017 geskat en 1,2% vir 2018.

Groei onder die ANC is ‘n mite terwyl korrupsie, bedrog en manipulasie van politici ‘n daaglikse gebeure is, en wat dan ook die rede is waarom die wêreld se graderingsinstellings die land se ekonomie op die rommelhoop gegooi het.

Intussen is Jacob Zuma op pad na die G20 beraad. Hy wil Suid-Afrika bemark as as ‘n veilige beleggingsbestemming, en hy gaan met die hoop om met ‘n vliegtuig vol beleggings terug te kom.

Ekonome glo egter dat al wat Zuma gaan bereik, is om homself en die land net verder belaglik te maak, omdat almal weet dat Suid-Afrika ‘n hoogs riskante beleggingsbestemming is, veral met praatjies van nasionalisering van die Reserwebank en grondonteiening.

Bron:  Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!