Meeste van 5,500 nuwe grondeisers verkies geld

Net minder as 5 500 nuwe grondeise is reeds ingedien, met meeste van die eisers wat vergoeding eis en nie die grond soek nie. ‘n Totaal van] 5495 eise is van dwarsoor die land ingedien.
“Die meerderheid (1363 eise) is in die Wes-Kaap ingedien, gevolg deur Gauteng (965 eise),” het die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming in ‘n verklaring gesê.
Die nuwe vyfjaar-periode vir die indien van grondeise is aan die begin van Julie afgeskop en eindig eers in Junie 2019.
“Ons het kennis geneem dat die meerderheid van diegene wat eise ingedien het, het op finansiële vergoeding besluit,” het Nomfundo Gobodo, hoofgrondeisekommissaris, gesê.
Gobodo het ‘n beroep op eisers gedoen om eerder grondherstel te kies, wat sal help om ongelyke grondeienaarskap in Suid-Afrika aan te spreek.

31 Julie 2014 Sapa

Terselfdertyd, se die Front Nasionaal van Suid Afrika die oor GRONDEISE teen boere:

Na gesprekke met boere wat swart grondeise in die gesig staar in Mpumalanga het FN met kommer kennis geneem dat boere grootliks uitgelewer is aan slimstories deur gladde prokureurs en liegbek-eisers, terwyl hulleself aangewese is op plattelandse prokureurs wat nie weet hoe om grondeise te hanteer nie. Ons vra dus dat as u enigsins onderworpe is aan ‘n eis op u grond dat u ‘n e-pos met besonderhede sal stuur aan fliekmaker@yahoo.com. Front Nasionaal sal ‘n persoon afvaardig om al sulke eise te hanteer en ons sal ook poog om boere by te staan as jou grond wel binne die gedeeltes val waar ons navorsing doen.

Enjoyed this post? Share it!