Grondgryp laat boere vlug

Dit is nie net die nuwe wette wat boere laat besluit om eerder buite Suid-Afrika te gaan boer nie, maar ook die “grondgryp-anneksasie” wat deur die kommunisties gesinde regime toegepas word.

Dit is die siening van ’n bekende boer in Transvaal wat besluit het om sy goed op te pak en die land te verlaat.

Benewens die boere wat gril vir Suid-Afrika se drakoniese arbeidswette en grondgrypprogram, skrik dit ook die finansiële beleggers af wat gewoonlik in die sektor wil belê.

Beleggers soek deesdae ’n stabiele regering, en ’n gebied wat vry van ’n gewelddadige werkerskorps is.

Talle potensiële beleggers het reeds getoon dat Suid-Afrika nie meer ’n land is waar beleggings veilig is nie, en daarom wyk hulle uit na lande in die noorde van Afrika, na lande in die Balkan-streek asook na woestyngebiede soos die Verenigde Arabiese Emirate (VAE).

Boere in Suid-Afrika is siek en sat vir die langdurige pogings van die regering om die voedselprodusente van die land met wette en dreigemente af te skrik en te verjaag.

Tydens ’n byeenkoms in Pretoria is boere ingelig oor nuwe moontlikhede elders in Afrika, waar regerings letterlik op aandag staan dat Suid-Afrikaanse boere by hulle moet aanklop.

Die voordele in lande soos sover noord as Georgië is steeds vir baie boere ’n uitstekende geleentheid, en sakebeleggings in die VAE nou ook hoog op die prioriteitslys kan kom.

Met Suid-Afrika se steeds stygende skuldlas, kan dit in die toekoms net slegter gaan, veral as in aanmerking geneem word dat die jaarlikse terugbetaling op skulde sowat R155 miljard beloop.

’n Landbou-ekonoom van Pretoria het daarop gewys dat die land “vrot van die skuld is” en dat die regime nog miljarde rand se skuld wil maak om kragsentrales op te rig, nuwe treine aan te skaf en presidensiële vliegtuie te koop.

“Dit verklaar waarom kundiges nie belangstel om hulle kennis aan te wend in ’n land waar dit nie bekostig kan word nie, want vir elke 80 mense wat in die land werk, is daar 102 wat op regeringstoelaes leef”, het hy gesê.

Bron – Vryburger


Enjoyed this post? Share it!