Grondhervormingsprojekte in SA ‘n totale ramp! Spogplaase word bouvalle.

Verhongerde varke, plakkershutte tussen die kniehoogte gras en ’n stukkende windpomp by die ­boorgat.

Dit is al wat oorgebly het op die spogplaas Shepstone naby Lothair in Mpumalanga nadat die staat dit by die oorspronklike eienaar gekoop het en dele daarvan aan begunstigdes van ’n grondhervormingsprojek verhuur het.

Daarom het departement van landelike ontwikkeling en grondsake nou besluit om dié huurooreenkomste te kanselleer as die huurders nie goeie redes kan gee waarom hulle nie van die grond afgeskop moet word nie.

Die begunstigdes, wat die grond onder die naam Mpumalanga Explorers huur, wou met beeste boer, maar daar het niks van gekom nie. Boonop het een van hul lede op eie houtjie begin om die plaas aan ’n kommersiële boer in die omgewing te verhuur vir weiveld vir sy beeste.

“Toe ons hiervan uitvind, het ons hom gewaarsku om dit stop te sit,” het ’n ander die afgelope week by Rapport se besoek aan die plaas beweer.

Die res van die begunstigdes het niks van die huurgeld gekry nie en hul paaie het geskei. Die ontevredenes het toe hul eie groep, Sizanani maAfrica, gestig en nog grond gevra.

DIE BEGUNSTIGDES Sê HULLE KON NOG NIE DIE PLAAS ONTWIKKEL NIE, WANT DIE REGERING HET VIR HULLE NèT GROND GEE EN GEEN FINANSIëLE BYSTAND OF RAAD NIE.

Die grondpad wat na die plaas lei, is so erg toegegroei dat ’n gewone voertuig nie tot by die plaashek kan ry nie. Die ou sandsteenhuis is bykans tot op die fondament afgebreek, en brandmaer varke word in die buitegebou, ook sonder ’n dak, aangehou.

Grondhervormingsprojekte in 'n SA totale  ramp!

’n Lid va die samewerkingsgroep wat ’n begunstigde was van een van die departement van landelike ontwikkeling en grondsake se grondhervormingsprojekte staan tussen vermaerde varke op die plaas Shepstone.

Die begunstigdes sê hulle woon nie op die grond nie. Die plakkershutte voor die hek behoort aan die oorspronklike plaaswerkers wat agtergebly het toe die plaas verkoop is.

’n Lid van die Gert Sibande-munisipaliteit se grondkomitee, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het aan Rapport gesê daar gaan ná jare ook niks aan op die plaas Tweefontein naby Balfour, sowat 200 km van Shepstone, nie. Die begunstigdes van dié restitusieprojek baklei hewig onder mekaar oor die bestuur van die plaas.

Zanele Sihlangu, woordvoerder van die departement van landelike ontwikkeling en grondsake in Mpumalanga, sê die departement bring gereeld roetinebesoeke aan plase wat deur die staat besit word om verslae oor die toedrag van sake saam te stel.

Die jongste verslag oor Shep­stone en Tweefontein lui onder meer dat daar onderverhuring plaasvind, en dit is teen die staat se grondverhuringsbeleid, sê sy.

Danie du Plessis van die landbouorganisasie TLU SA sê wat op Tweefontein en Shepstone gebeur het, is een van talle redes waarom die planne van pres. Jacob Zuma en Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondsake, om kommersiële boere se grond te onteien om grondhervorming te bespoedig, so belaglik is.
“Die staat besit reeds soveel grond wat onbenut is of waar grondhervormingsprojekte skeefgeloop het,” sê hy.

“Gee eerder van dié grond aan samewerkingsgroepe as deel van grondhervorming en los kommersiële boere uit.

Grondhervormingsprojekte in 'n SA totale  ramp!

Plaas Shepsotne

Bron:  Maroela Media


Enjoyed this post? Share it!