“Grondroof is ‘n daad van oorlog”, maar is plaasmoorde nie alreeds oorlog nie?

In  ‘n verklaring wat ondersteun is deur Die AWB, Die HNP, Die Verkennersbeweging en Die VVK, verklaar hulle dat wanneer ‘n staat of volk ‘n ander volk se grondgebied vir homself toe-eien, lei  dit noodwendig tot oorlog. Sedert die vroegste tye was dit die aanvaarde reg van volkere om hul gebiedsintegriteit teen sulke vergrype te verdedig, soos Brittanje byvoorbeeld in 1982 gedoen het toe Argentinië die Falkland-eilande beset het.

Eweneens is daar baie voorbeelde in die geskiedenis van derde partye wat ingetree het om die territoriale integriteit van kleiner volke te beskerm teen state en regerings wat hul meerdere mag misbruik het om ander te beroof.  ‘n Onlangse  voorbeeld is die VSA-geleide Golf-oorlog van 1990-1991 teen Irak toe laasgenoemde Kuweit geannekseer het.

Die Boere-Afrikanervolk het die grondgebied wat hy besit, regmatig verkry. Die feite hieroor is al verskeie kere nagevors in die goed gedokumenteerde geskiedenis van landbesetting en grondbesit in Suid-Afrika, en kan maklik nagegaan word.

 

Ons verklaar:  

1.       Die Boere-Afrikanervolk het niemand se land gesteel nie. Die grondgebied wat ons besit, is regmatig en op internasionaal aanvaarde maniere bekom en deur God as erfdeel aan ons toebedeel om te verdedig  en te bewaar. Ons mag en sal dit nie prysgee en toelaat dat ons tot besitlose bywoners in Suid-Afrika gedegradeer word nie.

2.       Misdaad kan nie gelegitimeer word deur wette in die parlement te aanvaar om dit te “wettig” nie. Daarom sal enige wet van die Parlement wat onteiening van ons land of enige ander eiendom sonder kompensasie, of selfs met kompensasie vir doeleindes anders as dit wat noodsaaklik is vir die skepping van fisiese infrastruktuur, geag word “wettiging” van diefstal van ons eiendom te wees. Ons sal dit nie as legitieme wetgewing erken nie, en in die lig van die voorgenoemde uitsprake van regeringswoordvoerders en die politieke onwil van die regering om sterk op te tree ten einde plaasaanvalle hok te slaan (wat op sigself ‘n vyandige versuim is wat vergelding sou regverdig) , sal ons dit as ‘n daad van vyandigheid teen die blanke bevolking ag.

3.       Ontneming, onteiening en besetting  van ons land kragtens sodanige wet sal beskou word as formele dade van oorlog teen die Boere-Afrikanervolk, waarop ons op ‘n  tydstip van ons keuse sal terugslaan met internasionaal aanvaarde middele en metodes ten einde ons eiendomsreg te verdedig en te herstel

 

Desnieteenstaande  het die ANC herhaaldelik beweer dat die grond wat ons besit, van die swartmense gesteel is . (In hierdie verband is ‘n klag van haatspraak op 21 Januarie 2016 teen die president van Suid-Afrika by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gelê, nadat hy dit in die openbaar gesê het. Die president is uitgedaag om sy bewering te bewys en te verklaar waarom hy die opgetekende geskiedenis van landbesetting ignoreer of verwerp. Die Kommissie het egter die klag in die sand laat verloop en seker gemaak dat daar tot op hede niks van gekom het nie).

Die ANC se reaksie op die uitdaging om sy ongegronde leuen te bewys, was onder  andere ‘n verklaring op 13 Februarie 2017 deur die Adjunkminister van Staatsdiens en Administrasie, me. Ayanda Dlodlo, dat:

The ANC should use its majority in the ­government to push for the expropriation of land without compensation, because it was ‘stolen in the first place’”.

The burden of land ownership should never be ours. Those who today claim ownership must prove that land was actually paid for in the 17th and 18th centuries,” het sy gesê.

Dié denkbeeld is deur historikus prof.  Jabulani Maphalala herhaal toe hy gesê het dat “blacks had been dispossessed of their land since as far back as the arrival of whites in the country.

Die benadering is blykbaar dat as  ’n leuen net lank en dikwels genoeg herhaal word, word dit ‘n aanvaarde “feit” wat nie bewys hoef te word nie.

vvk


 

Enjoyed this post? Share it!

 
  • Patriot

    Ek vra my deesdae die vraag af: Wanneer kan ‘n toestand, soos tans op plase in Suid Afrika ondervind word, as ‘n burger-oorlog geklassifiseer word? Lees gerus die meegaande stuk getiteld:

    “Does Peacekeeping Work? Shaping Belligerents’ Choices After Civil Wars (Princeton University Press, 2008) and “Peacekeeping and Democratization” in Jarstad and Sisk, Eds. From War to Democracy: Dilemmas of Peacebuilding (Cambridge University Press, 2008)”

    Die volgende situasies moet teenwoordig wees of reeds plaasgeving het vir die toestand om as ‘n burger-oorlog geklassifiseer te wees:

    a) the war has caused more than 1,000 battle deaths
    b) the war represented a challenge to the sovereignty of an internationally recognized state
    c) the war occurred within the recognized boundary of that state
    d) the war involved the state as one of the principal combatants
    e) the rebels were able to mount an organized military opposition to the state and to inflict significant casualties on the state.

    Kom ons bespreek gou hierdie paar punte (a-e hierbo) kortliks.

    a) Die ANC regering sê dat daar nie ‘n noodtoestand is nie en vind daar gevolglik geen gevegte tussen die “Regeringsmagte” en “rebelle” plaas nie – DUS – geen 1000 “battle deaths”
    b) Die regering het nog altyd die stryd op die plase as boewery en diefstal gesien. Hierdie toestand word (volgens hulle) deur die polise hanteer as deel van hul normale werk – DUS – geen bedreiging vir die regering en geen burger-oorlog.
    c) Die “oorlog” vind binne die grense van die erkende staat plaas. Die regering ontken dat daar ‘n “oorlog” aan die gang is – DUS – geen burger-oorlog.
    d) Die staat is nie een van die strydende partye nie. Indien die nregering sou erken dat die aanvalle op plase die soewereiniteit van die staat bedreig, sou dit onmiddelik as ‘n burger-oorlog geklassifiseer word.
    e) Geen rebelle mag het nog die staat se soldate direk aangevat, of ‘n aanval op onskuldige mense en/of infrastruktuur geloods nie,

    Die bogenoemde is natuurlik ‘n politieke woordspeletjie om ons stukkende land as ‘n vooruitstrewende samelewing aan die buite-wêreld voor te hou.
    My opinie is dat solank as wat die regering die aanvalle op plaasboere, hul families en hul infrastruktuur nie as ‘n nasionale bedreiging sien nie, sal daar geen daadwerklike optrede wees nie. Hierdie aanvalle moet dus gesien word as ‘n doelbewuste pogong om die Afrikaner boere te intimideer en van hul grond af te kry.