Gupta’s het in 2010 reeds eise gestel aan regering vir ‘n oorbetaling van R600 miljoen

Ajay Gupta het reeds in 2010 aangedring op ‘n oorbetaling van R600 miljoen vanaf die regering se Kommunikasie en Informasie Sisteem(GCIS).

Hierdie inligting is onthul deur Thema Maseko, die vorige kommunikasiehoof van GCIS. Dit was op daardie stadium die totale advertensiebegroting van die departement.

Ajay was bewus van die bedrag en het geëis dat die bedrag oorbetaal word. Sou daar probleme wees, sou hy enige minister oproep na sy (Ajay) se huis om die saak uit te klaar.

Maseko is na sy weiering twee maande later gepos en vervang met Mzwanele Manyi, die huidige eienaar van die New Age en ANN7.

Foto: Ajay Gupta

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!